1 Konings 12:32-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

32. Yarov’am het ’n fees ingestel in die agtste maand, op die vyftiende dag van die maand, soos die fees wat in Y’hudah was en op die altaar geklim. Dit het hy in Beit-El gedoen en geoffer tot die kalwers wat hy gemaak het. Hy het ook die priesters vir die hoë plekke wat hy gemaak het, in Beit-El gesit.

33. Toe het hy opgegaan na die altaar wat hy in Beit-El gemaak het, op die vyftiende dag van die agtste maand, in die maand wat hy uit sy eie verstand, wil en emosie uitgedink het en hy het vir die seuns van Yisra’el ’n fees ingestel en opgegaan na die altaar om wierook te brand.

1 Konings 12