1 Konings 12:3-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Toe het hulle gestuur en hom laat roep en Yarov’am en die hele vergadering van Yisra’el het gekom en met Regav’am gepraat en gesê:

4. “U vader het ons juk hard gemaak; daarom, maak die harde diens van u vader ligter en sy swaar juk wat hy op ons gesit het en ons sal u dien.”

5. Toe sê hy vir hulle: “Gaan weg vir drie dae, kom dan terug na my toe.” Die mense het weggegaan.

6. Koning Regav’am het met die oudstes, wat sy vader Shlomo gedien het toe hy nog gelewe het, beraadslaag en hy vra: “Watter advies gee u my om hierdie mense te antwoord?”

7. Toe praat hulle met hom en sê: “As u vandag ’n dienskneg tot hierdie volk sal wees en hulle dien, hulle versoek toestaan en goeie woorde met hulle praat, sal hulle altyd u diensknegte wees.”

8. Hy het egter die advies van die oudstes wat hulle vir hom gegee het, verwerp en met die jongmanne wat saam met hom grootgeword het en hom gedien het, beraadslaag.

9. Hy vra toe vir hulle: “Watter advies gee julle wat ons hierdie mense sal antwoord wat met my gepraat en gesê het: ‘Maak die juk wat u vader op ons gesit het, ligter?’”2 Kro 10:10

1 Konings 12