1 Konings 12:22-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Die woord van God het egter tot Sh’ma’yah, die man van God, gekom en gesê:

23. “Praat met Regav’am, die seun van Shlomo, koning van Y’hudah en met die hele huis van Y’hudah en Binyamin en die res van die mense en sê:

24. ‘So sê יהוה: Julle mag nie opgaan en teen julle familie, die seuns van Yisra’el, veg nie; gaan elkeen terug na sy huis, want hierdie ding het van My af gekom.’” Hulle het na die woord van יהוה geluister en teruggegaan volgens die woord van יהוה.

25. Toe het Yarov’am Sh’khem gebou op die bergland van Efrayim en daar gebly en van daar af uitgegaan en P’nu’el gebou.

26. Yarov’am het in homself gesê: “Nou sal die koninkryk terugkeer na die huis van Dawid.

27. As hierdie mense opgaan om offers te bring in die huis van יהוה in Yerushalayim, dan sal die verstand, wil en emosie van hierdie mense terugkeer na hulle meester, na Regav’am, koning van Y’hudah en hulle sal my doodmaak en teruggaan na Regav’am, koning van Y’hudah.”

28. Die koning het beraadslaag en twee goue kalwers gemaak en vir hulle gesê: “Dit is te veel vir julle om op te gaan na Yerushalayim; let op julle gode, o Yisra’el, wat julle uit die land van Mitzrayim gebring het!”

29. Hy het een in Beit-El opgerig en die ander in Dan.

30. Hierdie ding het ’n sonde geword, want die mense het gaan aanbid voor die een sover as Dan.

31. Hy het ook huise op hoë plekke gebou en priesters vanuit al die mense gemaak, wat nie uit die seuns van Levi was nie.

1 Konings 12