1 Kefa 4:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. As Die Gesalfde Een daarom in julle plek na die liggaam gely het, het julle ook dieselfde gesindheid verkry: dat elkeen wat aan sy vleeslike liggaam gesterf het, opgehou het met alle sonde,

2. om gedurende die tyd wat hy in die vlees is, nie meer volgens menslike begeertes te leef nie, maar volgens die wil van God,

3. want dit is genoeg dat julle in die tyd wat verby is, die wil van die ander nasies uitgevoer het in julle lewens deur in losbandigheid, dronkenskap, hoerery, orgies en in die aanbidding van demone te leef.

4. Let op, nou is hulle verbaas en beledig julle as julle nie saam met hulle in die losbandigheid instorm nie.

5. Hulle sal rekenskap gee aan God, wat die lewende en die wat dood is, sal oordeel,

6. want as gevolg hiervan het Hy ook aan die dooies die goeie boodskap verkondig sodat hulle in die vlees geoordeel kan word as mens, maar sal lewe deur God in die Gees,

7. maar Hy, die Einde van alles, het gekom. As gevolg hiervan, wees beskaamd en word wakker om te bid.

8. Voor enige iets anders moet julle mekaar aanhou liefhê, want die liefde bedek ’n menigte sondes.

9. Wys liefde teenoor vreemdelinge sonder om te kla.1 Kor 12:7-11

10. Laat elkeen van julle sy naaste met die geestelike gawe wat hy ontvang het, dien soos goeie hoofde van die unieke huis van onverdiende guns van God.

11. As iemand praat, laat dit wees volgens die woorde van God; as iemand dien, laat dit wees vanuit die krag wat God hom gee sodat God in alles wat julle doen geëer, geloof en aanbid kan word deur Yeshua, Die Gesalfde Een, aan Wie die eer, lof, grootheid en krag toekom vir ’n tydlose ewigheid. Dit is waar.

1 Kefa 4