1 Kefa 3:7-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Julle, manne, moet op díé manier met hulle saamleef: met kennis en hulle as swakkeres met eer behandel omdat julle ook mede-erfgename van die geskenk van ewige lewe is sodat julle nie in julle gebede mag struikel nie.

8. Die slotsom is dat almal van julle in harmonie met mekaar moet wees; ly saam met die wat ly, wees lief vir mekaar en wees vol liefdevolle omgee en nederigheid.

9. Vergeld geen persoon kwaad met kwaad of beledigings met beledigings nie, maar inteendeel, in plaas van hierdie dinge, wees ’n seën, want hiervoor is julle geroep sodat julle die seën kan erf.Ps 34:14; Ps 39:2; Ps 141:3

10. Wie ook al daarom die lewe begeer en lief is om goeie dae te sien, laat hom sy tong weerhou van wat boos is en sy lippe moet geen bedrog praat nie.

11. Hy moet wegdraai van wat boos is en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag,Ps 34:13-17

12. want die oë van יהוה is op die onskuldiges, Sy ore om hulle te hoor, maar die gesig van יהוה is teen die boosheid.”

13. Wie is dit wat julle kwaad sal aandoen as julle ywerig is vir die goeie?

14. As julle ly ter wille van die onpartydige opregtheid, is julle baie gelukkig en moenie vir hulle wat julle terroriseer bang wees nie en moenie uitgelok word nie,Yes 8:13 in julle verstand, wil en emosie af en wees gereed om elkeen wat ’n verklaring vra van die versekerde verwagting van julle vertroue, te antwoord met nederigheid en respekvolle vrees

15. maar sonder יהוה, Die Gesalfde Een,

16. terwyl julle ’n goeie gewete het sodat díe wat van julle kwaad praat soos van kwaaddoeners, wat julle mooi lewenswyse verwerp wat in Die Gesalfde Een is, beskaam mag word as mense,

17. want dit is vir julle tot voordeel, as dit die wil van God is dat julle ly wanneer julle goed doen en nie wanneer julle kwaad doen nie,

18. want Die Gesalfde Een het ook eenmaal as gevolg van ons sondes gesterf, die Onskuldige Een, ter wille van sondaars, om julle na God toe te bring. Hy het gesterf na die liggaam, geleef in die Gees

19. en verkondig aan die geeste wat in Sh’ol gevange gehou is;

20. die wat lank terug, in die dae van Noag, nie oortuig is nie, toe die langdurige geduld van God beveel het dat daar ’n ark gebou word, op die verwagting van hulle berou en omkeer, waarin slegs agt ingegaan het en aan die lewe gehou is, deur die water.

21. Net so word julle ook in Hom deur die teenbeeld, die doop, gered, nie as ’n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar wanneer julle God bely in ’n skoon gewete en deur die opstanding van Yeshua, Die Gesalfde Een,Ps 110:1 en engele, outoriteite en kragte aan Hom onderwerp.

22. Hy wat in die hemel in begelei en aan die regterhand van God is

1 Kefa 3