10. Jong vriend, ek het jou nou die weg na ’n wonderlike lewe gewys, jou vertel hoe ’n gelowige moet leef. Aanvaar dit nou.
11. Dan sal jy jare van groot lewensvreugde smaak.
12. Omdat ’n mens so maklik kan struikel en die verkeerde kan doen, moet jy tog vashou aan hierdie reëls wat ek jou leer.
13. Oordink dit, want dit kan vir jou ’n goeie lewe vol vreugde verseker.
14. Moet tog nie soos slegte mense leef of soos hulle raak nie. Bly uit hulle pad uit.
15. Draai weg van hulle en loop jou eie pad. Hulle kan mos nie vanaand slaap as hulle nie eers iets verkeerds gedoen het nie. Hulle lê wakker as hulle nie iemand vernietig het nie.
16. Hulle is skoon slapeloos as hulle nie vandag iemand te kort gedoen het nie.
17. Misdaad is vir hulle soos kos. Geweld is soos wyn waarna hulle smag.