Spreuke 4:17-26 Die Boodskap (DB)

17. Misdaad is vir hulle soos kos. Geweld is soos wyn waarna hulle smag.

18-19. Hulle lewe is een groot donkerte. Hulle kan nie sien waar om te loop nie. Boonop val hulle hulle stukkend oor al hulle booshede.Totaal anders is die lewe van iemand wat die Here liefhet. Dit is soos ’n skerp lig wat almal kan sien en wat net al hoe helderder word totdat dit uiteindelik heeltemal dag is.

20. Jong vriend, luister baie mooi na wat ek vir jou sê. Spits jou ore vir my lewenswysheid.

21. Vergeet dit nie ’n enkele oomblik nie. Hou jou oë altyd op die spreuke se lewensreëls. Dink heeltyd daaroor na.

22. Wie dit sy eie maak, sal vreugde ervaar, soveel dat dit selfs sy liggaam beter sal laat voel.

23. Wees versigtig wat jy dink. Jou denke kan jou lewe ingrypend beïnvloed.

24. Vermy dom praatjies en leuens en glibberige woorde.

25. Dink mooi na oor alles wat jy sien. Kyk na die goeie dinge van die lewe.

26. Let mooi op hoe jy jou lewe inrig en kyk waarheen jy stap.

Spreuke 4