Spreuke 4:1-4 Die Boodskap (DB)

1. Jong vriend, luister na ouer gelowiges met baie kennis van die lewe. Doen jou bes om die regte dinge te leer.

2. Ek wil jou goeie raad vir die lewe gee, kennis wat jy nooit moet vergeet nie.

3. Ek was ook eenmaal jonk en sonder kennis.

4. My pa het my van die lewe vertel en gesê: “Bêre my woorde in jou hart. Dink altyd daaroor na. Dan sal jy werklik gelukkig leef.

18-19. Hulle lewe is een groot donkerte. Hulle kan nie sien waar om te loop nie. Boonop val hulle hulle stukkend oor al hulle booshede.Totaal anders is die lewe van iemand wat die Here liefhet. Dit is soos ’n skerp lig wat almal kan sien en wat net al hoe helderder word totdat dit uiteindelik heeltemal dag is.

Spreuke 4