7. Laat hulle drink sodat hulle hulle ellende kan vergeet, sodat hulle nie meer aan hulle swaarkry dink nie.
8. Help liewer die mense wat nie self hulle saak kan stel nie. Wees jy hulle stem. Kom op vir die hulpeloses.
9. Sê jou sê sodat die regte dinge kan gebeur. Sorg jy vir die armes en die onderdruktes.
10. Wie ’n goeie vrou het, het iemand wat baie kosbaar is. Sy is baie meer werd as die duurste juwele.
11. Haar man reken op haar en sy beteken baie vir hom. Haar hele lewe lank is sy goed vir hom.
12. Wat nodig is vir die huis, dit kry sy.
13. Sy verrig haar dagtaak met vreugde.
14. Sy sal selfs ook buite die huis gaan werk om nog beter vir haar gesin te sorg.
15. Vroegoggend staan sy op om haar gesin te versorg. Vir elkeen het sy ’n taak vir die dag.
16. Sy het ’n oog vir ’n winskopie, maar sy dink mooi voor sy koop. Die geld wat sy so spaar, belê sy versigtig.