Spreuke 31:4-14 Die Boodskap (DB)

4. Pas op vir te veel wyn. Dit pas nie by ’n koning nie. Mense wat regeer, moet nie heeltyd na drank ruik nie.

5. Netnou drink hulle te veel en vergeet hulle hulle pligte. Kort voor lank dink hulle nie meer aan die arm mense wat hulle moet help nie.

6. Gee eerder ’n bietjie drank aan mense wat op hulle laaste is, wyn aan hulle met wie dit bitter sleg gaan.

7. Laat hulle drink sodat hulle hulle ellende kan vergeet, sodat hulle nie meer aan hulle swaarkry dink nie.

8. Help liewer die mense wat nie self hulle saak kan stel nie. Wees jy hulle stem. Kom op vir die hulpeloses.

9. Sê jou sê sodat die regte dinge kan gebeur. Sorg jy vir die armes en die onderdruktes.

10. Wie ’n goeie vrou het, het iemand wat baie kosbaar is. Sy is baie meer werd as die duurste juwele.

11. Haar man reken op haar en sy beteken baie vir hom. Haar hele lewe lank is sy goed vir hom.

12. Wat nodig is vir die huis, dit kry sy.

13. Sy verrig haar dagtaak met vreugde.

14. Sy sal selfs ook buite die huis gaan werk om nog beter vir haar gesin te sorg.

Spreuke 31