Spreuke 31:26-29 Die Boodskap (DB)

26. Haar wyse woorde help ander om reg te leef. Sy het goeie raad vir ’n gelukkige lewe.

27. Sy is in volle beheer van haar huishouding. Luiheid ken sy nie.

28. Haar kinders is dankbaar vir so ’n ma. Haar man oorlaai haar met komplimente.

29. In hierdie lewe is daar baie goeie vroue, maar hierdie vrou oortref almal.

Spreuke 31