Spreuke 3:2-11 Die Boodskap (DB)

2. Baie gelukkige dae, baie opwindende lewensjare, groot blydskap kom daaruit voort.

3. Moet nooit ophou om die Here lief te hê nie. Hou aan om reg te leef! Hierdie spreuke sal jou daarmee help. Bind al die spreuke soos ’n kettinkie om jou nek. Skryf dit in jou hart sodat jy dit nooit vergeet nie.

4. Dan sal die Here die goeie dinge van die lewe vir jou gee. En die mense sal ook van jou hou.

5. Moenie dink jy weet altyd die beste nie. Begin eerder elke dag weer van voor af om die Here lief te hê. En los tog al die slegte en verkeerde dinge.

8. Dit sal selfs vir jou liggaam wonders doen. Jy sal gesond voel en vol krag wees.Dien die Here met jou talente.

9. Gee aan die Here ook ’n goeie deel van jou geld.

10. Dan sal jy meer as genoeg hê om van te leef. Jou lewe sal vol vreugde wees.

11. Soms ervaar jy hartseer en teleurstelling. Soms is jy kwaad vir die Here. Moet Hom egter nooit in jou woede vloek of verwyt nie. Soos ’n goeie pa soms met sy geliefde seun raas, so maak die Here ook met ons.

Spreuke 3