Spreuke 26:13 Die Boodskap (DB)

’n Lui mens dink die vreeslikste verskonings uit waarom hy nie wil gaan werk nie. ’n Leeu sal hom opvreet as hy dit sou waag om sy voete buite te sit. Of dalk vang die leeu hom op pad werk toe.

Spreuke 26

Spreuke 26:12-18