1. ’n Goeie naam is beter as geld. Ander se liefde is kosbaarder as groot rykdom.
2. Ryk en arm kan ook saamwoon. Die Here het hulle immers albei geskep.
3. ’n Slim mens weet wanneer gevaar dreig. Hy weet hoe om dit te vermy. ’n Dom mens ken nie die lewe nie. Hy sukkel maar net aan.
4. Mense wat die Here liefhet en nederig lewe, geniet respek en die goeie dinge van die lewe.