Spreuke 16:5-10 Die Boodskap (DB)

5. Die Here verag arrogante mense wat op ander trap. Hulle sal sekerlik nog gestraf word. Liefde kan skewe verhoudings weer regmaak.

6. Respek vir mekaar laat ’n vriendskap blom. Liefde vir die Here hou ’n mens van die kwaad af weg.

7. As die Here iemand liefhet, sal sy vyande dit raaksien. Hulle sal op goeie voet met hom wil wees.

8. Liewer eerlik wees en min besit as ’n sak vol geld wat oneerlik verkry is.

9. Elke mens beplan sy lewe, maar alles hang van die Here af.

10. Eerlike regters is vir die Here belangrik. Hulle moet regverdige beslissings lewer.

Spreuke 16