Spreuke 16:1-4 Die Boodskap (DB)

1. ’n Mens maak baie planne, maar die Here besluit of dit suksesvol sal wees of nie.

2. Alles wat ’n mens doen, lyk vir hom reg. Maar die Here weet waarom ons dit aanpak.

3. Ken die Here in alles wat jy wil doen, dan sal Hy jou help om dit uit te voer.

4. Die Here het alles vir ’n doel gemaak, selfs die slegte mense se dag van oordeel.

Spreuke 16