Sagaria 1:1-3 Die Boodskap (DB)

1. In die agtste maand van die tweede jaar wat Darius koning was (dit is 520 v.C.), het die Here vir Sagaria gevra om vir sy mense ’n paar belangrike dinge te gaan sê. Hy was ’n profeet wat vir die Here gewerk het. Sy pa se naam was Berekja en sy oupa was Iddo.

2. Die Here het vir die mense van Juda gesê: “Ek is baie kwaad vir julle voorouers!

3. Ek is die Here en Ek het mag oor alles en almal. Ek sê: Kom terug na My toe en dien My weer. Julle kan weer my volk wees.

Sagaria 1