1. Op ’n dag sê Naomi vir Rut: “Ons moet vir jou ’n man kry, sodat jy versorg kan word en jou eie huis en ’n huisgesin kan hê.
2. Jy onthou vir Boas, die man saam met wie se werkers jy are opgetel het? Ek het mos vir jou gesê hy is familie van ons. Luister nou, hy gaan later die gars op die dorsvloer uitslaan en dan moet hy dit vir die nag oppas.