Romeine 1:1-6 Die Boodskap (DB)

1. Van Paulus. Ek dien Christus Jesus. Hy het my aangestel as apostel. Dit is my taak om God se goeie nuus oral bekend te maak.

2. Hierdie goeie nuus is al lankal deur God se boodskappers in die Bybel neergeskryf.

3. Dit handel oor God se Seun, Jesus Christus. Hy is ons Here. Hy kom uit die nageslag van Dawid.

4. Toe Jesus na sy kruisiging uit die dood opgestaan het, het die Heilige Gees aan Hom die heel belangrikste posisie in die hemel gegee. Hy is daar in die hemel triomfantlik as die Seun van God aangewys. Daarom besit Hy nou al die mag in die hemel en op die aarde.

5. Jesus was baie goed vir my. Hy het my aangestel as sy apostel. Ek moet vir mense uit alle volke van Hom vertel. Ek sê vir hulle om in Hom te glo en om te doen wat Hy sê.

6. Julle tel onder die gelukkiges wat hierdie goeie nuus glo. Christus het julle ook geroep om in Hom te glo.

Romeine 1