Rigters 3:26-31 Die Boodskap (DB)

26. Intussen het Ehud ontsnap. Hy is verby die klipbeelde op pad Seïra toe.

27. Met sy aankoms in die bergagtige gebied van Efraim het hy die trompet laat blaas om die soldate bymekaar te maak vir oorlog. Die Israeliete het na hom toe gekom, en hy was hulle leier.

28. “Kom saam met my,” het hy vir hulle gesê, “want die Here gee julle vyande, die Moabiete, in julle mag oor.” Hulle is toe saam met Ehud daar weg. Hulle het al die vlak dele van die Jordaanrivier toegemaak sodat niemand van Moab af daar kon deurkom nie.

29. Hulle het toe die Moabiete aangeval en omtrent 10 000 van hulle beste troepe doodgemaak. Hulle het niemand laat wegkom nie.

30. Israel het Moab daardie dag onderwerp. Daarna was daar 80 jaar lank vrede in die land.

31. Na Ehud het Anat se seun Samgar Israel van die Filistyne gered deur 600 van hulle met ’n sweep dood te slaan.

Rigters 3