Hy het by die klipbeelde naby Gilgal omgedraai. Toe is hy terug na koning Eglon toe. Ehud sê toe vir hom: “U Majesteit, ek het ’n geheime boodskap net vir u!”Hierop het die koning vir sy amptenare gesê: “Stilte. Ons wil alleen wees!” en hulle is toe daar uit.