Rigters 3:14-18 Die Boodskap (DB)

14. Die Israeliete was toe agtien jaar lank die onderdane van koning Eglon van Moab.

15. Toe die Israeliete by die Here hulp gaan soek het, het Hy iemand gestuur om hulle te help. Dit was Ehud seun van Gera uit die stam van Benjamin. Ehud was linkshandig. Die Israeliete het hom met die belastinggeld na koning Eglon van Moab toe gestuur.

16. Ehud het vir hom ’n swaard van 50 sentimeter lank gemaak en al twee kante van die swaard vlymskerp gemaak. Hy het die swaard aan sy regterkant onder sy klere vasgemaak.

17. Toe het hy die belastinggeld vir koning Eglon, wat ’n baie vet man was, gevat.

18. Nadat Ehud die belastinggeld aan die koning oorhandig het, het hy die mense wat dit gedra het, teruggestuur huis toe.

Rigters 3