29. By die huis aangekom, het hy ’n mes gevat en haar liggaam in twaalf stukke opgesny. Hy het vir elke stam van Israel ’n stuk gestuur.
30. Elkeen wat dit gesien het, het gesê: “So iets het ons nog nooit beleef nie. Nog nie sedert Israel uit Egipte weggetrek het, het iemand al ooit so ’n ding gedoen nie. Ons sal ’n plan moet maak, iets moet hieraan gedoen word!”