7. Op ’n dag het ’n jong man, ’n Leviet wat in Betlehem in Juda gebly het, maar nie daar gebore is nie,
8. op ’n ander dorp blyplek gaan soek. Hy het toe by Miga se huis in die berge van Efraim aangekom.
9. “Waar kom jy vandaan?” het Miga vir hom gevra.“Ek is ’n Leviet uit Betlehem in Juda,” het hy geantwoord, “en ek is op soek na ander blyplek.”
10. “Bly by my, word my raadgewer en my priester. In ruil daarvoor sal ek jou elke jaar 114 gram silwer en kos en klere gee,” het Miga vir hom gesê.
11. Die Leviet het besluit om dit te doen. Hy het later vir Miga soos ’n eie seun geword.