Rigters 16:1-4 Die Boodskap (DB)

1. Op ’n keer het Simson na Gasa toe gegaan. Daar het hy ’n prostituut raakgeloop en by haar geslaap.

2. Die woord het gou die rondte gedoen dat Simson in die omgewing was. Die mense van Gasa het toe die huis omsingel en die hele nag lank vir hom by die stad se hekke gewag. Hulle het doodstil in die donker vir hom gesit en wag en by hulleself gedink: Wag maar, teen dagbreek maak ons hom dood.

3. Maar Simson het net tot middernag bly lê. Toe staan hy op en gryp die toegesluite deure van die stadshekke en ruk hulle met slot en grendel uit hulle kosyne uit. Toe tel hy die hekke op sy skouers en loop met hulle die berg regoor Hebron tot bo uit. Daar het hy toe die hekke laat lê.

4. ’n Ruk later het Simson verlief geraak op ’n vrou wat in die Sorekvallei gebly het. Haar naam was Delila.

24-25. Die Filistyne was baie bly, en hulle het gesê: “Gaan haal vir Simson dat hy ons kan vermaak!” Nadat hulle hom uit die tronk gehaal het, het hulle hom tussen twee stutpilare van die tempel laat staan. Toe die mense hom so sien staan, het hulle gesing: “Ons god het ons vyand in ons mag oorgegee, die vyand wat ons land verrinneweer het en so baie van ons doodgemaak het!”

Rigters 16