6. Hoekom sal ek bang wees wanneer skelm mense my lewe bedreig?
7. Hoekom sal ek omgekrap wees as geldgierige mense my probeer te kort doen? Hulle spog oor hulle baie skatte. Hulle vertrou op hulle besittings om hulle te red.
8. God kan nie daarmee omgekoop word nie. Jy kan nie jou lewe van die dood red deur te probeer betaal nie.
9. ’n Mens se lewe is baie meer werd as geld. Niemand kan genoeg geld hê om vir sy lewe te betaal nie.
10. Geld kan jou nie uit die kloue van die dood red nie. Jy kan nie die ewige lewe koop nie.