2. Groot is die Here! Hoe geweldig baie beteken Hy nie vir ons nie!Ons wil Hom maar net loof, hier in sy stad op die berg.
3. Hoog teen die berg lê die stad. Dit maak almal op aarde sommer bly.Dit is die stad in die noorde. Daar bly die groot Heerser oor alles.
4. Die stad het sterk mure, maar God is eintlik die Een wat dit regtig beskerm.
5. ’n Klomp konings het kragte teen die stad saamgespan, hulle het bymekaargekom om die stad aan te val.
6. Toe hulle die stad sien, het hulle so groot geskrik dat hulle so vinnig weggehardloop het as wat hulle kon.