Psalms 38:6-18 Die Boodskap (DB)

6. My siekte maak dat ek ander mense van my af wegstoot.Dit het gebeur omdat ek dom dinge aangevang het.

7. Ek kan nie eens meer regop staan nie.My liggaam is skeef en krom. Heeldag loop ek en huil. Ek treur.

8. My lyf bewe van die koors. Daar is nie meer ’n plek op my lyf wat gesond is nie.

9. My krag is op! Ek is platgeslaan.My liggaam ruk soos my hart van ontsteltenis klop. Ek skree van die pyn.

10. Here, U weet wat ek graag wil hê!Wat ek van U afsmeek, is geen geheim nie.

11. Daar’s nie ’n sprankie hoop meer in my oor nie. Alles lyk donker.

12. My siekte maak dat my vriende en familie nie meer na my toe wil kom nie. Hulle bly ver weg van my.

13. Daar is mense wat wil hê ek moet doodgaan. Ander wil hê ’n ramp moet my tref.Hulle maak oneerlike planne teen my. Hulle versprei leuens oor my. Hulle wens dat ek sal val en bly lê.

14. Maar ek hou my doof. Ek hou my mond en sê niks.

15. Ja, ek maak of ek daardie spul glad nie hoor nie.Ek praat nie ’n woord met hulle nie.

16. Ek wag dat U my moet help. Ek vertrou op U.U sal my antwoord, Here, my God.

17. Gee tog dat hulle nie bly is oor my lyding nie.As ek tot ’n val kom, is hulle baie bly daaroor. Hulle dink hulle is beter as ek.

18. Nou kan ek dit nie meer uithou nie, Here! Ek gaan val.Daar is nie ’n oomblik dat my liggaam nie vol pyn is nie.

Psalms 38