2. Here, moet tog nie aanhou om my te straf as U kwaad is nie.Moet my nie in u woede seermaak nie.
3. U het my onderstebo geloop. Ek ly verskriklik.
4. Ek is baie siek omdat U vir my kwaad was.Die verkeerde dinge wat ek gedoen het, laat my gesondheid ingee.
5. My sondes word te veel vir my.Ek kan hierdie las nie meer dra nie. Dis te swaar vir my.
6. My siekte maak dat ek ander mense van my af wegstoot.Dit het gebeur omdat ek dom dinge aangevang het.
7. Ek kan nie eens meer regop staan nie.My liggaam is skeef en krom. Heeldag loop ek en huil. Ek treur.
8. My lyf bewe van die koors. Daar is nie meer ’n plek op my lyf wat gesond is nie.
9. My krag is op! Ek is platgeslaan.My liggaam ruk soos my hart van ontsteltenis klop. Ek skree van die pyn.
10. Here, U weet wat ek graag wil hê!Wat ek van U afsmeek, is geen geheim nie.
11. Daar’s nie ’n sprankie hoop meer in my oor nie. Alles lyk donker.