Psalms 37:8-20 Die Boodskap (DB)

8. Moenie kwaad word oor alles wat hulle doen nie.Op die ou end bring dit net vir jou moeilikheid.

9. Slegte mense sal die een of ander tyd verdwyn.Net mense wat in die Here glo, sal dan oorbly. Die land sal aan hulle behoort.

10. Net ’n klein rukkie nog, dan sal daar nie meer mense wees wat niks van God wil weet nie.Jy sal na hulle soek, maar hulle sal weg wees.

11. Maar mense wat nie te veel van hulleself dink nie, sal die hele aarde erf.Hulle sal bly wees oor hoe goed dit met hulle gaan.

12. Slegte mense hou niks van die Here se kinders nie. Hulle probeer dié mense uit die weg ruim.

13. Maar die Here lag vir hulle. Hy weet hulle tyd raak min! Hulle dag kom.

14. Slegte mense wil hulpelose mense en arm mense en mense wat die regte pad loop, doodmaak,

15. maar binnekort is hulle almal dood. Mense wat sonder God leef, sal deur hulle eie toedoen doodgaan. Al hulle wapens sal vernietig word.

16. Dis beter om net ’n paar besittings te hê en die Here lief te hê as om ’n sak vol geld te hê, maar jy glo nie in Hom nie.

17. Onthou: slegte mense sal nie vir altyd baasspeel hier op aarde nie.Die Here weet wat in sy kinders se lewe aangaan. Hy help hulle.

18. Hy sorg altyd vir hulle. Wat hulle geërf het, behou hulle vir altyd.

19. Wanneer almal rondom hulle swaarkry, sal hulle genoeg hê om van te leef. As ander honger ly, sal hulle genoeg hê om hulle versadig te eet.

20. Maar die Here se vyande sal in rook en vlamme vergaan. Mense wat sonder God leef, sal tot niet gaan.

Psalms 37