Psalms 26:1-4 Die Boodskap (DB)

1. Here, sorg tog dat die regte dinge met my gebeur, want ek doen net wat U sê.Ek vertrou op U, Here.Ek twyfel nie ’n oomblik aan U nie.

2. U kan my lewe maar toets, Here.Kyk wat binne-in my aangaan en wat ek alles dink.

3. U sal sien dat ek u voorbeeld navolg. Ek onthou altyd dat U my liefhet.Ek luister na U en doen goeie dinge vir ander.

4. Ek meng nie met mense wat ’n slegte invloed op my kan hê nie.Ek kom nie by mense wat voorgee wat hulle nie is nie.

Psalms 26