Psalms 25:4-8 Die Boodskap (DB)

4. Wees vir my soos ’n onderwyser.Gee my insig sodat ek weet wat U wil hê ek moet doen. Wys my watter pad is die regte pad.

5. Leer my hoe U wil hê ek moet lewe. Laat my op die regte pad loop.U is die God wat my red. Op U vestig ek al my hoop.

6. Here, u liefde en u goedheid kom van altyd af. Dink daaraan dat U vir ons goed was.

7. Moet my tog nie straf vir die verkeerde dinge wat ek gedoen het toe ek jonk was nie. Behandel my met liefde en deernis, Here, want U is vol goedheid.

8. Die Here is goed.Hy tree regverdig op.Hy help selfs sondaars om op die regte pad te kom.

Psalms 25