Psalms 25:11-22 Die Boodskap (DB)

11. U het so ’n groot Naam, Here.Ter wille van u Naam, vergewe tog al my slegte dade. Hulle is so baie.

12. God sal almal wat Hom dien se hand vat en hulle help om die regte keuses te maak.

13. Dan sal hulle die goeie dinge van die lewe in oorvloed geniet.Selfs hulle kinders sal daarin deel hê. Hulle sal in die land bly woon.

14. Die Here maak sy planne net aan hulle bekend wat ontsag vir Hom het.Hy maak sy hart wyd teenoor hulle oop. Hy wys hulle wat sy ooreenkoms met mense is.

15. Ek is elke oomblik van die Here afhanklik. Ek kyk heeltyd na Hom op.Hy keer dat swaarkry en probleme my onderkry.Hy red my uit die moeilikheid.

16. Ek is alleen. Ek vra u hulp, want ek het groot probleme. Ek draai na U toe.Ek kry baie swaar.Help my om nie meer vir my probleme bang te wees nie.

17. Red my uit swaarkry. My probleme word al groter.

18. Vergewe al my verkeerde dade. Kyk hoe swaar kry ek. Kyk hoe sleg gaan dit met my.

19. Beskerm my teen almal wat my haat. Kyk hoe baie vyande het ek. En kyk hoe erg haat hulle my.

20. Moet my nie in die steek laat nie. Beskerm my en red my. By U kom kruip ek weg.

21. Sien dat ek onskuldig is, en dat ek U voluit wil dien.Help my om voluit te lewe, want ek vestig al my hoop op U.

22. God, red tog u kinders uit al die probleme wat hulle so bang maak.

Psalms 25