Psalms 21:5-9 Die Boodskap (DB)

5. Hy wou lank saam met U leef - U het dit vir hom gegee - vir baie, baie lank.

6. Mense dink baie van hom omdat U hom gehelp het.Daarom bewys mense groot respek en eer aan hom.

7. U laat dit altyd goed gaan met hom.Hy loop oor van blydskap omdat U altyd naby hom is.

8. Die koning vertrou die Here heeltemal. Omdat die Allerhoogste getrou is, loop niks vir hom verkeerd nie.

9. U sal u vyande in die hande kry en hulle oorweldig.

Psalms 21