Psalms 14:3-6 Die Boodskap (DB)

3. Maar mense het gekies om die verkeerde pad te loop.Nie een van hulle leef soos God wil hê nie. Hulle het sleg geword.Sal die slegte mense nooit leer nie? Kyk net wat doen hulle:

4. Hulle behandel die kinders van God sleg en buit hulle uit.Hulle praat nie eens met God nie.

5. Maar hulle gaan groot skrik. Want God sien om na sy kinders.

6. Die slegte mense probeer die hele tyd om arm mense skade aan te doen.Maar die Here sal sy mense beskerm.

Psalms 14