4. Gee tog aandag en antwoord my, Here my God;maak my weer gelukkig.Anders is daar geen ander uitweg vir my as die dood nie.
5. Moenie dat hulle wat niks van my hou nie, sê: “Ek het hom op sy plek gesit!” nie.My vyande sal bly wees as ek dood neerslaan.
6. Maar ek het op u getroue liefde staatgemaak.In my binneste borrel dit van vreugde omdat U my uit my moeilikheid help.Ek sal die Here se Naam met vreugde grootmaak omdat Hy so goed is vir my!