Psalms 12:5-9 Die Boodskap (DB)

5. “Ons kan enigiemand ’n gat in die kop praat.Met die mond kry ons alles reg. Ons is baas oor almal.”Die Here het genoeg daarvan gehad.

6. Hy sê: “Ek gaan almal help wat verdruk word.Ek hoor die hulpkrete van mense in nood.Ek sal elkeen beskerm wat na my verlossing smag.”

7. Wat die Here sê, dit bedoel Hy.Sy beloftes is eg.Hulle is soos goud wat in ’n vuurwarm oond skoongebrand is. ’n Mens kan daarop reken.

8. Here, U sal hulle beskerm.U sal ons teen die slegte mense van ons dag beskerm,

9. selfs al loop hulle oral rond en spog; selfs al is almal rondom ons propvol slegte dinge.

Psalms 12