Psalms 1:2-6 Die Boodskap (DB)

2. God is baie bly omdat jy sy Woord geniet.Jy lees dit dag en nag sonder om moeg te word.

3. Daarom is jy soos ’n groot boom wat stewig langs die water staan.Hierdie boom dra op die regte tyd baie vrugte en sy blare bly groen. Sy grootheid skyn helder in alles wat jy doen.Daarom gaan dit baie goed met jou.

4. Met elkeen wat nie doen wat God sê nie, gaan dit bitter sleg.Hulle sondes laat hulle lewe uitmekaarval.

5. Daarom sal daar nie vir hulle plek wees wanneer God eendag vooralmal sê wie aan Hom behoort nie.

6. God wys vir mense wat Hom liefhet hoe om elke dag te leef,maar slegte mense verdwaal vir altyd in hulle sonde.

Psalms 1