4. Ek het ook agtergekom waarom mense soms so hard werk. Dit is uit jaloesie omdat mense mekaar niks gun nie. Sulke arbeid is absoluut sinloos. Dis niks anders as ’n gejaag agter wind aan nie.
5. Hulle sê dit is dwaas om met jou hande gevou te sit en niks te werk nie, want jy sal van die honger doodgaan.
6. Maar ek sê: Wees eerder met minder tevrede as om heeltyd agter wind aan te hardloop.
7. Ek het ook iets anders in die lewe gesien wat geen sin maak nie.
8. En dit is ’n man wat ongetroud is en geen seun of broer het nie. Elke dag werk hy hard. Alles wat hy sien, koop hy vir homself. Vir wie sloof hy hom nou af? Wie gaan alles geniet wat hy bymekaarmaak? Die lewe is sinloos, absoluut sinloos.
9. Twee is beter as een, want twee mense kan meer regkry as net een.
10. As die een val, kan die ander een hom ophelp. Dit is sleg as die een val en daar is niemand om hom te help nie.
11. ’n Mens kan homself nie warm maak nie, maar as twee saamlê, hou hulle mekaar warm.