Openbaring 8:1-3 Die Boodskap (DB)

1. Toe maak die Lam die sewende seël oop. ’n Halfuur lank was dit doodstil in die hemel.

2. Toe val my oog op sewe engele wat voor God staan. God gee toe vir hulle elkeen ’n trompet.

3. ’n Ander engel verskyn toe ook op die toneel. Hierdie engel het ’n goue bak vasgehou en by die altaar gaan staan. ’n Klomp wierook, wat baie lekker ruik, is vir die engel gegee. Dit is saam met die gebede van al God se mense op die goue altaar gesit. Die altaar het reg voor God gestaan.

Openbaring 8