Openbaring 5:9-12 Die Boodskap (DB)

9. Dit was die eerste maal dat hulle die lied gesing het.“O, hoe groot en belangrik is U. U kan die boek vat en die seëls breek! U is mos soos ’n lam wat geslag is. U bloed, ja, u lewe, het U gegee sodat mense God se mense kon wees, maak nie saak waar hulle bly of watter taal hulle praat nie.

10. U sorg dat hulle God as heerser oor almal erken. U maak dat hulle God met oorgawe, soos priesters, dien. Hulle sal ook eendag oor al die mense van hierdie wêreld heers.”

11. Toe ek weer kyk, het ek derduisende engele gesien wat rondom die groepie leiers van die kerk, die vier lewende wesens en die troon staan.

12. Hulle het in ’n massakoor hard gesing:“Die Lam met die wond aan sy nek is die belangrikste onder die belangrikstes. Soek jy krag? Jy sal dit by Hom kry. En rykdom? Dit is by Hom. En die kuns om te leef? Gaan leer maar by Hom. By Hom is die mag en die belangrikheid en eer en lof, ja, sommer alles.”

Openbaring 5