1. Ek het weer na God op die troon gekyk. Nou het Hy in sy regterhand ’n boek gehou. Dit was van hoek tot kant vol geskryf, selfs op die buiteblad. Die boek was egter toe en verseël met sewe seëls. Niemand het dus geweet wat daarin staan nie.
2. Toe sien ek ’n sterk engel. Hy roep toe hard uit dat almal kan hoor: “Wie is belangrik genoeg om die boek oop te maak? Wie mag die seëls breek?” Daar was niemand nie!
3. Daar is oral gesoek; in die hemel, oral op die aarde en selfs onder die aarde. Daar was nie een wat die boek kon oopmaak en lees wat daarin staan nie.
4. Toe ek sien hulle kan niemand kry nie, het ek in trane uitgebars.