Openbaring 21:21-23 Die Boodskap (DB)

21. Die twaalf poorte was elkeen uit ’n soliede pêrel gemaak. Die strate van die stad was van goud, skitterblink soos glas. Dit was of ’n mens daardeur kon sien.

22. Ek het gekyk, maar geen tempel in die stad gesien nie. Dit was nie meer nodig nie, want die Here God, die Een wat die sterkste van almal is en alles kan doen, was in die stad. Met Hom en die Lam daar was ’n tempel onnodig.

23. Daar was ook nie meer ’n son of maan nodig om lig te gee nie. Die grootheid en heerlikheid van God self het die stad verlig. Ja, die Lam was soos ’n helder lig in die stad.

Openbaring 21