Openbaring 21:18-21 Die Boodskap (DB)

18. Die muur was van die pragtigste edelgesteentes gebou. Die stad self was van die suiwerste goud. Dit het geblink en geskitter, byna asof ’n mens na glas kyk.

19-20. Die fondamente van die stadsmuur was die ene edelstene. Dit was oortrek met jaspis, saffiere, agaat, smarag, oniks, sardis, chrisoliet, beril, topaas, krisopraas, hiasint en ametis, twaalf soorte altesaam.

21. Die twaalf poorte was elkeen uit ’n soliede pêrel gemaak. Die strate van die stad was van goud, skitterblink soos glas. Dit was of ’n mens daardeur kon sien.

Openbaring 21