Openbaring 21:13-16 Die Boodskap (DB)

13. Daar was twaalf poorte in die stad, drie na elke windrigting se kant toe. By elke poort het ’n engel gestaan.

14. Die twaalf name van die stamme van Israel is op die poorte aangebring. Die dik stadsmuur is op twaalf fondamente gebou, met die name van die twaalf apostels van die Lam daarop.

15. Die engel wat met my gepraat het, het ook ’n goue liniaal gehad. Dit was om die stad noukeurig op te meet; ja, die hele stad met sy poorte en mure.

16. Die stad was vierkantig; dit was net so lank as wat dit breed was. Die engel het toe die stad gemeet. Dit was 12 000 kilometer lank. Sy breedte en hoogte was presies dieselfde.

Openbaring 21