7. Een van die vier lewende wesens wat om God se troon gestaan het, gee toe vir elke engel ’n goue bak. Hierdie sewe bakke was propvol van die woede en straf van God, die God wat vir ewig en altyd leef.
8. God se woonplek, sy tempel, het gelyk of dit vol rook was. Eintlik was dit die verbysterende grootheid en krag van God waarvan dit oorgeloop het. Niemand kon toe in die tempel ingaan nie. Hulle moes eers wag tot die sewe rampe van die sewe engele klaar was.