16. (Natuurlik het die engel van die oordeel gepraat.)Die Man op die wolk maak toe so. Hy het sy sekel ingesteek en die hele aarde afgeoes.
17. En nog ’n engel het uit die blyplek van God in die hemel verskyn. Hy het ook so ’n skerp sekel gehad.
18. Skielik was daar nog een wat uit die rigting van God se altaar gekom het. Hy was in beheer van die vuur. Hy skree toe hard vir die engel met die sekel sodat almal kon hoor: “Steek jy ook jou sekel in! Sny die druiwetrosse van die wingerde op aarde af. Die druiwe is ryp.” (So begin die oordeel.)
19. Die engel het nie op hom laat wag nie en het op die aarde begin oes. Wat geoes is, is saam in ’n groot houer gegooi. In hierdie houer is die druiwe stukkend getrap.