1. Ek kyk toe weer mooi, en wat sien ek? Op die heilige berg Sion het Jesus, die Lam, gestaan en by Hom was 144 000 mense. Elkeen van hulle het die Naam van die Lam en die Naam van sy Vader duidelik op hulle voorkoppe geskryf gehad.
2. Ek het toe iemand uit die hemel hoor praat. Dit het geklink soos ’n geweldige donderstorm met water wat neergiet. Maar die stem het tegelyk soos pragtige musiek geklink.