1. Die Here sê toe vir Moses:
2. “Sê vir Aäron hy moet die kandelaar so opstel dat die sewe lampe se lig almal vorentoe skyn.”
3. Aäron het gedoen wat die Here vir Moses gesê het. Hy het die kandelaar so neergesit dat al die lampe se lig vorentoe geskyn het.
4. Die hele kandelaar was van verwerkte goud, van die voetstuk af tot by die boonste gedeelte, wat versier was in die vorm van blombloeisels. Aäron het die kandelaar presies gemaak volgens die skaalmodel wat die Here aan Moses gewys het.
5. Die Here het weer met Moses gepraat en vir hom gesê:
6. “Sit die Leviete opsy, weg van die res van die Israeliete af. Maak hulle rein om My te kan dien.
16-18. “In die plek van al die eersgebore seuns van die Israeliete het Ek nou die Leviete op ’n spesiale manier vir Myself gevat. Toe Ek al die eersgebore kinders van die Egiptenaars doodgemaak het, het Ek elke oudste kind in Israel, mense en diere ingesluit, as my eiendom opgeëis. In plaas daarvan dat Ek al die eersgebore kinders vir My vat, behoort die Leviete van nou af aan My.