Numeri 4:9-13 Die Boodskap (DB)

9. “Hulle moet die kandelaar met sy lampe, tange, bakkies en kanne met olyfolie in ’n blou doek toedraai.

10. Daarna moet hulle hierdie bondel in ’n gebreide leerdoek toemaak en dit op die draagbaar neersit.

11. Dan moet hulle ’n blou doek oor die goue wierookaltaar gooi en dit met ’n gebreide leerdoek toemaak, en die pale waarmee dit gedra word, insit.

12. “Die res van die gereedskap wat in die heiligdom gebruik word, moet dan met ’n blou doek toegedraai word. Daarna moet dit met ’n seil van gebreide vel toegedraai en op die draagbaar neergesit word.

13. Nadat hulle al die as van die altaar afgevee het, moet hulle ’n pers doek daaroor gooi.

Numeri 4